James Monroe | |
---|---|
5de President van die Verenigde State | |
Ampstermyn | 4 Maart 1817 – 4 Maart 1825 |
Voorganger | James Madison |
Opvolger | John Quincy Adams |
Geboortedatum | 28 April 1758 |
Geboorteplek | Westmoreland, Virginië |
Sterftedatum | 4 Julie 1831 |
Sterfteplek | New York |
Eerste Dame | Elizabeth Kortright Monroe |
Politieke party | Demokraat-Republikein |
Visepresident | Daniel D. Tompkins |
Handtekening |
James Monroe (28 April 1758 – 4 Julie 1831) was die 5de president van die Verenigde State van Amerika (1817–1825). Tydens sy ampstermyn het Mississippi (10 Desember 1817) die 20ste, Illinois (3 Desember 1818) die 21ste, Alabama (14 Desember 1819) die 22ste, Maine (15 Maart 1820) die 23ste en Missouri (10 Augustus 1821) die 24ste deelstaat van die Verenigde State geword. Die hoofstad van Liberië, Monrovia, is vernoem na James Monroe.